Marais Viljoen

Skaak

Ons Skaak

By Hoërskool Marais Viljoen dink ons vinnig, beplan slim en speel met trots! Skaak is een van die skool se vinnig-groeiende kulturele en akademiese sportsoorte waar strategie, fokus en deursettingsvermoë saamkom. Ons leerders neem met groot entoesiasme deel aan verskeie kompetisies, en ons spanne verteenwoordig die skool met trots op plaaslike én provinsiale vlak.

Marais Viljoen se skaakafdeling bied spelers van alle vaardigheidsvlakke die kans om hul denke te slyp en kritiese besluite te neem, eienskappe wat nie net op die skaakbord nie, maar ook in die lewe tel. Met toegewyde afrigters en ’n passie vir groei en prestasie, het ons reeds ’n sterk reputasie opgebou in die Oos-Gauteng Skaakliga en ander interskole-toernooie.

Ons is trots op ons spelers wat gereeld hul provinsiale kleure verwerf en die skool met trots verteenwoordig. By Marais Viljoen is skaak meer as net ’n spel, dit is ’n denkwyse wat ons leerders help om strategies te dink, slim te beplan en met selfvertroue te wen.

Ons

Die 2025-seisoen was ’n suksesvolle en opwindende jaar vir Marais Viljoen se skaakspanne. Beide ons senior- en juniorskaakspanne het deur die jaar groot toewyding, verbetering en sportmangees getoon.

Ons o.17-span het ’n uitstekende mylpaal bereik deur die Distrikskampioenskap te wen en deur te dring na die Gauteng Kampioenskappe, waar hulle besonder goed gevaar het teen van die sterkste skole in die provinsie. Hul harde werk, dissipline en spanwerk het werklik vrugte afgewerp, en ons is baie trots op hulle.

Beide ons senior- en juniorspanne het ook aan die NWU Skaaktoernooi deelgeneem, waar hulle waardevolle ervaring opgedoen en hul groeiende talent ten toon gestel het.

Ons het ’n bemoedigende toename in nuwe spelers wat by ons skaakprogram aangesluit het, gesien. Met die leiding en toewyding van ons afrigters en organiseerders ontwikkel hierdie nuwe spelers vinnig en toon hulle groot potensiaal vir die toekoms.

Ons is trots op elke speler wat Hoërskool Marais Viljoen met integriteit en passie verteenwoordig het. Die vordering wat hierdie jaar gemaak is, lê ’n sterk fondament vir voortgesette sukses in die jare wat kom.

Organiseerder: Skaak

Me. Susan Pretorius

organiseerders

  • Me. Susan Pretorius
  • Me. Elsabé Rudolf

Afrigters

  • Mnr. Calvin Mc Donald
  • Mnr. Devon Mc Donald