

Omgee begin by die huis, en by Marais Viljoen is dit ’n waarde wat ons met trots uitleef.
Een van ons kern-inisiatiewe is die Broodjieprojek, onder leiding van ons Maatskaplike Werker en toegewyde ouers van Marais Viljoen. Elke oggend word etes met sorg voorberei en verpak vir ons eie leerders, sowel as ’n klein groep algemene werkers wat daagliks ’n belangrike bydrae tot ons skool lewer. Hierdie projek weerspieël die hart van ons skoolgemeenskap, omgee in aksie.
Van ons ander inisiatiewe sluit in:
By Marais Viljoen glo ons dat ware opvoeding nie net in die klaskamer plaasvind nie, maar in elke daad van diens, omgee en gemeenskapsbetrokkenheid.
Maatskaplike Werker
Hi, my naam is Shané en ek is opgewonde oor jou tyd hier by Hoërskool Marais Viljoen.
Ek is die maatskaplike werker by die skool. My rol is om elke leerder wat aan ons sorg toevertrou is, te ondersteun, te bemagtig en op te hef. Ek is diep verbind tot die welstand van kinders en glo sterk dat elke kind verdien om gehoor, gewaardeer en verstaan te word.
Ek streef daarna om ‘n veilige en ondersteunende ruimte te skep waar leerders gemaklik voel om hulself uit te druk en leiding te soek. Indien u kind enige ondersteuning benodig, weet asseblief dat ek hier is en gereed is om te help.
Afsprake kan gemaak word deur jou voogonderwyser te vra om dit aan te meld aan Juffrou Kühn. Sy sal dit oorhandig aan my. As dit baie dringend is kan jou onderwyser my kontak of jy kan dit by enige sekretaresse in die skool aanmeld.
Ouers kan ‘n epos stuur aan shanew@maraisviljoen.co.za
Nee. Volgens die Kinderwet kan enige leerder bo die ouderdom van 12 jaar berading ontvang sonder hul ouers se toestemming.
Nee, alles wat jy in sessies deel, word met streng vertroulikheid en respek behandel. Die ruimte word geskep om te verseker dat jy veilig, gehoor en ondersteun voel sonder vrees dat jou persoonlike sake gedeel word.
Die enigste tyd wat vertroulikheid verbreek kan word, is as daar kommer is oor jou veiligheid of die veiligheid van ander – soos as jy dalk in gevaar is, iemand anders in gevaar is, of in situasies waar mishandeling betrokke is. In hierdie gevalle is die prioriteit om beskerming en ondersteuning te verseker.
As jy jouself oorweldig, hartseer, angstig of gestres voel vir ‘n rukkie en dit gaan nie weg nie, kan dit ‘n teken wees dat jy ondersteuning nodig het. Berading kan ook nuttig wees as jy deur ń moeilike tyd gaan, soos uitdagings by die huis, vriendskap- of verhoudingsprobleme, verlies, trauma of groot lewensveranderinge. Selfs al voel dinge nie “ernstig genoeg” nie, is dit reeds ‘n goeie rede om iemand te wil hê om mee te praat en sin te maak van jou gedagtes en gevoelens.
SADAG 24H KRISISLYN:
0800 567 567
LIFELINE SUID- AFRIKA:
0861 322 322
GESLAGSGEBASEERDE GEWELD-HULPLYN:
0800 150 150
Tuis | Kontak Ons | Nuwe Inskrywings | Ons Skool | Akademie | Sport | Kultuur | Sosiaal | Winkel | Nuusbriewe | Alumni
© 2025 Developed By Webshure