MARAIS VILJOEN
Meer as net 'n skool
Om ’n hoërskool te kies, is een van die belangrikste besluite om te neem. Dit is nie net ’n plek waar kennis oorgedra word en talente in sport en kultuur ontwikkel nie, dit is die begin van ’n pad wat lei na die toekoms.
By Hoërskool Marais Viljoen glo ons dat hoërskooljare vormende jare is waar elke leerder se unieke identiteit, waardes en potensiaal ontwikkel word. Daarom skep ons ’n veilige, ondersteunende en dinamiese omgewing waar leerders in hul moedertaal kan groei, leer en presteer.
By Marais Viljoen is jy nie net ’n leerder nie, jy is deel van die Marais-familie. Ons is die skool van meer geleenthede. ‘n Plek vir elkeen. Hier leef ons met trots: ons werk hard in die klaskamer, gee alles op die sportveld en skitter op die kultuurverhoog. Ons moedig mekaar aan om hoër te mik, groter te droom en met deursettingsvermoë te volhard, selfs wanneer uitdagings opduik.
Ons glo ons dat elke leerder belangrik is. Niemand word oor die hoof gesien nie, en ons streef daarna om elkeen die geleentheid te gee om hul volle potensiaal te bereik. Die hoërskoolpad gaan nie net oor akademiese sukses nie. Dit gaan oor groei, geluk, behoort en die bou van ’n sterk fondament vir die toekoms.