Alles begin hier. ’n Nuwe reis, ’n vars begin. Stap saam en beleef die hoërskoolreis van ’n Marais Viljoener.
Marais Viljoen is ’n trotse instelling in die Alberton-gemeenskap. ’n Plek waar jongmense bemagtig word om met selfvertroue, insig en vaardigheid hul plek in die wêreld vol te staan.
Hier bied ons ’n ondersteunende omgewing waar leerders die ruimte kry om te groei, hul potensiaal te ontdek en ’n wye verskeidenheid geleenthede te ervaar.
AKADEMIE
Ons akademiese prestasie is direk gekoppel aan ons bekwame en ervare onderwysers.
Hierdie opvoedkundige instansie wend toekomsgerigte kundiges aan om leerderpotensiaal te ontsluit en ontwikkel.
Deur ’n gebalanseerde benadering tot akademie, kultuur, sport en waardevorming word elke leerder toegerus om met selfvertroue en verantwoordelikheid sy of haar plek in die wêreld vol te staan.
Die fokus val op holistiese ontwikkeling, sodat leerders nie net kennis opdoen nie, maar ook karakter, leierskap en doelgerigtheid ontwikkel.
Tuis | Kontak Ons | Nuwe Inskrywings | Ons Skool | Akademie | Sport | Kultuur | Sosiaal | Winkel | Kalender | Nuusbriewe | Fondsinsamelings | Alumni | Bemarking