Meer oor

Marias Viljoen

Finansies

Lees meer oor die aansoeke, skoolfonds, kleredrag en kulruut by Marais Viljoen.

Aansoeke

Graad 8

Laai hierdie PDF-vorm af en vul al die korrekte besonderhede in!

Graad 9 - 12

Laai hierdie PDF-vorm af en vul al die korrekte besonderhede in!

Meer oor Marias Viljoen

Skool Van Geleenthede

Hier glo ons dat elke leerder uniek is en daarom skep ons #MeerGeleenthede vir elke tipe kind om te groei, te ontdek en te presteer. Ons is trots daarop om ’n gebalanseerde skool te wees waar akademie, sport, kultuur en op ń sosiale vlak hand aan hand loop.

Ons skep geleenthede vir leerders om op die hoogste vlak van kompetisie deel te neem, terwyl ons ook massadeelname aanmoedig sodat elke leerder betrokke kan wees en kan groei.

By Hoërskool Marais Viljoen is daar ’n plek vir almal om te behoort, te ontwikkel en hul volle potensiaal te bereik.

Akademie:

Ons akademie is van die hoogste gehalte, met ’n wye verskeidenheid vakkeuses, insluitend waardevolle tegniese vakke wat leerders voorberei vir die toekoms.

Sport:

Ons is trots om vir die 9de agtereenvolgende jaar as die Beste Sportskool 2025 in Ekurhuleni-Suid aangewys te wees! Dit getuig van ons toewyding aan uitnemendheid en ontwikkeling.

Sosiaal:

Hoërskool Marais Viljoen is ’n lewendige skool waar leerders sterk vriendskappe bou en ware skoolgees ervaar. Van ons gewilde #TuesBlue-dae en opwindende Geesvang-aktiwiteite, tot hoogtepunte soos Mr & Miss MV en ons jaarlikse Lentedag-vieringe, is daar altyd geleenthede vir leerders om betrokke te raak, pret te hê en onvergeetlike skoolherinneringe te skep. 💙

Kultuur:

Ons leerders bly uitblink. Hoërskool Marais Viljoen is aangewys as die Kultuurskool van die Jaar 2025, met ons openbare sprekers wat jaar na jaar konsekwent uitstaande resultate en nasionale titels behaal.

kleredrag

Die skooldrag van Hoërskool Marais Viljoen bestaan uit ’n netjiese en tradisionele uniform wat trots en dissipline weerspieël.

Skakels

Tuis | Kontak Ons | Nuwe Inskrywings | Ons Skool | Akademie | Sport | Kultuur | Sosiaal | Winkel | Kalender | Nuusbriewe | Fondsinsamelings | Alumni | Bemarking

Kontakbesonderhede

info@maraisviljoen.co.za

011 907 9013/4

© 2025 Developed By Webshure