Marais Viljoen

Krieket

Ons Krieket

Marais Viljoen bied krieket vir seuns en dogters. Ons krieketspanne neem jaarliks deel aan top-skoolkompetisies soos die NWU Prestige Series, die Noordvaal-reeks, die T20 en 50-oor interskole-ligas, asook verskeie invitational toernooie, waar ons konsekwent sterk en mededingende vertonings lewer teen van die beste skole in Gauteng en Suid-Afrika.

  • Easterns Liga
  • Khaya Majola Krieketweek
  • SuperSport Schools T20 Kompetisie
  • Interskolekompetisie
  • Winterliga
  • Eastern Gauteng Krieket (T20, 50- en 1 dag kompetisies)

 

Ons program is gebou op ses kernwaardes wat ons sukses dryf.

Uitnemendheid: Ons stel hoë standaarde vir oefening, wedstryde en persoonlike poging.

Dissipline: Gestruktureerde oefening lei tot gefokusde en konsekwente vertonings.

Sportmangees: Respek vir teenstanders, afrigters, beamptes en spanmaats (nie-onderhandelbaar).

Groei: Ons bevorder voortdurende verbetering deur gestruktureerde ontwikkeling en vordering (by elke oefensessie streef ons daarna om te leer en te ontwikkel).

Inklusiwiteit: Elke leerder het ’n plek in ons krieketprogram, ongeag vaardigheidsvlak. Ons skep ’n omgewing waar elke speler gewaardeer en ondersteun voel.

Nalatenskap: Ons is daartoe verbind om Marais Viljoen se aggressiewe, mededingende krieketstyl te herleef en die respek vir ons naam terug te wen.

Ons

Marais Viljoen spog met provinsiale en nasionale spelers, en hier is slegs ’n paar om te noem:

Nasionale Spelers:

Ashleigh van Wyk: Ashleigh is tans ’n Graad 12-leerder by Hoërskool Marais Viljoen. Sy is deel van die Nasionale o.19-span en het internasionale blootstelling. In 2023 tot 2026 is sy genooi na die Suid-Afrika o.19-krieketkamp in Pretoria, waar sy haar vaardighede verder geslyp en waardevolle ervaring opgedoen het. Haar talent is op internasionale vlak ten toon gestel tydens die ICC o.19 Vroue T20 Wêreldbeker vroeg in 2025 en 2026, waar sy ’n sleutelrol in Suid-Afrika se indrukwekkende vertonings gespeel het.

Jared Alder: Suid-Afrika o.19 Colts 2016

Gerhard de Bruin: Suid-Afrika o.19 2000

Dewan Marais: Easterns o.19, Suid-Afrika o.19 Colts en Suid-Afrika o.19 (2022), Suid-Afrika Emerging, Paarl Royals

Nathan Steyn: Suid-Afrika o.19 2021, A-list debuut Easterns Storm en Easterns o.19 provinsiale speler

Jaden Govender: o.19 Suid-Afrikaanse Span in 2025.

Provinsiale Spelers:

Delano Potgieter: Easterns o.19, Lions , Jozi stars 2019, Mi Cape Town, North West, Dragons.

Neil Bothma, Nardo le Roux, Leander Lubbe, Badaal Parag: Easterns o.19 in 2019)

Gavin Ross: Easterns o.19 (2017-2018), Easterns o.21 (2020-2021).

Tristan van Schalkwyk, Tian du Toit: Easterns o.2022

Juan Steyn: Easterns o.19 in 2023

Cayden Ramage, Tiaan Kühn, Aldré Huyzers, Nathan Coleské: Easterns o.19 in 2024

Jaden Govender: Easterns o.19 in 2024 & 2025.

Organiseerder: Krieket

Mnr. Os Blignault

infinite krieket akademie

Infinite Krieket Akademie is ’n belangrike deel van Hoërskool Marais Viljoen se krieketontwikkelingstruktuur. Die akademie fokus op tegniese vaardigheidsontwikkeling, spelintelligensie en individuele groei, met gestruktureerde afrigting wat spelers help om hul volle potensiaal te bereik.

Deur ’n professionele en ondersteunende omgewing bied Infinite Krieket Akademie aan spelers ekstra blootstelling en intensiewe opleiding wat hulle voorberei vir skool-, provinsiale en nasionale vlakke.

Privaat afrigtingsessies word deur opgeleide en bekwame afrigters aangebied. Hierdie sessies kan direk met die afrigters gereël en bespreek word. Kontak Mnr. Blignault vir meer inligting.

Afrigters

SEUNS

1stes Span:

Mnr. Dewan de Villiers / Mnr. Tebogo Mphika/ Mnr. Os Blignault

2de Span: Mnr. Ruan Kotze

3de Span: Mnr. Jason Butler

Onder-15A: Mnr. Reza Gaba / Mnr. Dawie Botha / Mnr. Os Blignault

Onder-14A: Mnr. Reza Gaba / Mnr. Dawie Botha

Onder-14B & C: Mnr. André McMaster / Mnr. Declan Botes

 

DOGTERS

Mnr. Os Blignault / Mnr. Declan Botes / Me. Odelia Crouse