Ons
Marais Viljoen se hoogtepunt netbalprestasies oor die afgelope paar jaar:
Algehele wenners van die Ekurhuleni A-liga (meer as een jaar agtereenvolgens)
8 spanne as ligawenners in een seisoen (o.14–o.18 ouderdomsgroepe)
Ons netbalprogram het uitstekende diepte en bied aan ons dogters die geleentheid om in A- tot D-spanne aan oefeninge en wedstryde deel te neem.
Konsekwente oorheersing in liga-wedstryde vir meeste spanne.
Meerderheid tot al Marais Viljoen A-spanne kwalifiseer vir Gauteng-kampioenskappe
Ons lewer individuele netbalspelers wat nasionale erkenning ontvang
Marais Viljoen lewer top spanne in SA op onder andere ons o.15A-span eindig 2de in Suid-Afrika in 2023, o.17A-span eindig 2de in Suid-Afrika en ons o.16A-span eindig 4de.
- Marais Villjoen netbal word drie jaar agtereenvolgend genooi na die ABSA Wildeklawer netbal-toernooi in Kimberley en speel teen die land se bestes.