Vir die kultuurliefhebbers is daar geen tekort aan geleenthede nie.
Marais Viljoen spog met ‘n koor, onder leiding van Jacques de Villiers, algemeen bekend as “Joshua na die reën”, wat verskeie uitsonderlike prestasies behaal. Daar word elke drie jaar ‘n onverbeterlike Revueproduksie op die planke gebring en daar word aan etlike redenaarskompetisies en kunswedstryde deelgeneem. Ons spog jaarliks met verskeie nasionale wenners. Hier kraai kultuur beslis koning!
Die kultuur by ons skool word gekenmerk Ons moedig deelname aan terwyl ons terselfdertyd ruimte skep vir elke leerder om hul unieke talente te ontwikkel.
By Hoërskool Marais Viljoen is ons kultuur gebou op trots, respek en betrokkenheid. Ons glo dat elke leerder deel is van ’n groter gemeenskap waar karakter net so belangrik is soos prestasie.
Revue bied leerders die kans om hul kreatiwiteit deur sang, dans en drama op die verhoog uit te leef.
Die koor ontwikkel musikale talent, harmonie en spanwerk deur optredes en kompetisies.
Redenaars help leerders om selfvertroue en kommunikasievaardighede te ontwikkel deur voorbereide toesprake.
Orators fokus op Engelse redenaarsvaardighede en help leerders om hulself duidelik en oortuigend uit te druk.
Die fotografieklub gee leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit vas te vang en nuwe vaardighede te leer.
Die Revue-produksie word elke drie jaar op die planke gebring en bestaan uit tot en met 12 vertonings, insluitend ons glansryke gala-aand. Meer as 120 leerders neem jaarliks deel aan hierdie kultuurhoogtepunt, wat maande se harde werk, toewyding en samesyn vereis.






Marais Viljoen spog met ‘n koor, onder leiding van Jacques de Villiers, algemeen bekend as “Joshua na die reën”, wat verskeie uitsonderlike prestasies behaal.


Daar word elke drie jaar ‘n onverbeterlike Revueproduksie op die planke gebring en daar word aan etlike redenaarskompetisies en kunswedstryde deelgeneem.

Deur deelname aan debat vir ons Engelse eerste- en tweetaal sprekers te beid, ontwikkel leerders sterk vaardighede in kritiese denke en openbare redevoering. Ons spanne ding gereeld op hoë vlak mee en lewer konsekwent uitstekende resultate op streeks- en nasionale vlak.




Onder leiding van Mnr Martin Reichel is hierdie afdeling baie aktief betrokke by al die buitemuurse aktiwiteite wat by ons skool plaasvind. Met sy kamera in die hand is hy altyd gereed om daardie spesiale oomblikke vas te vang en die stories van ons skoollewe te dokumenteer.
