Landloop

Landloop by Marais Viljoen gee jou die ideale kans om jou grense te toets, uithouvermoë te bou en deel te word van ’n trotse wen-tradisie.

Full 1

Landloop – Waar jy deel is van iets besonders

By Marais Viljoen is ons daartoe verbind om ‘n omgewing te skep waar ons atlete nie net fisies ontwikkel nie, maar ook akademies en persoonlik groei. Ons glo dat gereelde oefening noodsaaklik is vir gesondheid en welstand, maar dit moet in balans wees met akademiese verantwoordelikhede en persoonlike vreugde.​

Ons moedig elke atleet aan om hul betrokkenheid by landloop as ‘n bron van plesier en selfvervulling te sien. Dit is belangrik dat oefening nie as ‘n las ervaar word nie, maar as ‘n geleentheid om persoonlike doelwitte te bereik en spanverbondenheid te bevorder.​

Verder erken ons dat elke atleet se bydrae waardevol is. Ons vier en waardeer die pogings en prestasies van al ons spanlede, en streef daarna om ‘n ondersteunende en inklusiewe omgewing te skep waar almal aangemoedig word om hul beste te gee.​

Marais Viljoen het oor die jare deurentyd nie net Provinsiale kampioene en atlete opgelewer nie, maar ook talle Suid-Afrikaanse atlete en nasionale kampioene. Ons atlete se toewyding, dissipline en passie vir hardloop maak ons ’n krag om mee rekening te hou in die sport.

Vir meer as ’n dekade het Marais Viljoen ’n onoorwonne rekord in ons plaaslike liga gehandhaaf – ’n ware bewys van ons atlete se uitmuntendheid en deursettingsvermoë.

Marais Viljoen neem jaarliks aan die NWU Prestige Landloopreeks deel en lewer telkens uitstekende prestasies. In 2025 het MV algeheel vierde geëindig , met die Juniorspan ‘n algehele 3de plek- ’n trotse bewys van ons span se toewyding en mededingendheid.

Organiseerder Landloop:
Mev. Karin Matthyssen

Corneelvd@maraisviljoen.co.za

Scroll to Top